{"title":"Home page","description":null,"products":[{"product_id":"tydlyn-treffers-die-afrikaanse-musiek-tydlynspel","title":"Tydlyn Treffers — Die Afrikaanse Musiek-tydlynspel","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eBenodig 'n slimfoon met die Spotify-app en internet. \u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eSpotify Premium sterk aanbeveel.\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e100 kaarte. Honderd treffers. Een onvergeetlike aand.\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eTydlyn Treffers is die kaartspel oor ons land se musiek. Elke kaart het 'n liedjie — skandeer die QR-kode en dit speel dadelik op Spotify. Jou span luister, raai in watter jaar dit uitgekom het, en plaas die kaart op die regte plek in julle tydlyn. Reg geraai? Hou die kaart. Eerste met tien reg, wen.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar dis nie net oor wen nie. Dis oor die musiek — en die vraag wat elke liedjie vra: \u003cem\u003ewaar was jy in daardie jaar? \u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eWat sit in die boks (101 kaarte):\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cul\u003e\n\u003cli\u003e\n\u003cstrong\u003e100 treffer-kaarte\u003c\/strong\u003e, dubbelkant en ontwerp soos ou 45-spoed plate\u003c\/li\u003e\n\u003cli\u003e\n\u003cstrong\u003e1 reëlkaart\u003c\/strong\u003e — alles wat jy nodig het om dadelik te begin speel\u003c\/li\u003e\n\u003cli\u003e\n\u003cstrong\u003eKant A\u003c\/strong\u003e — die QR-kode. Skandeer en die liedjie speel op Spotify\u003c\/li\u003e\n\u003cli\u003e\n\u003cstrong\u003eKant B\u003c\/strong\u003e — die onthulling: die jaar, die kunstenaar en die liedjie se naam\u003c\/li\u003e\n\u003cli\u003e66% Afrikaans, plus die groot Suid-Afrikaanse 'hits' wat ons almal ken\u003c\/li\u003e\n\u003cli\u003eVan 1936 tot vandag — musiek vir elke generasie\u003c\/li\u003e\n\u003c\/ul\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eVir die braai, die kuier, en die pad.\u003c\/strong\u003e Van oupa se Boeremusiek tot die kinders se nuwe gunstelinge — Tydlyn Treffers laat elke geslag saamspeel. Geen kenner nodig nie; net 'n liefde vir 'n goeie liedjie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e2 of meer spelers · Speeltyd ± 30–45 minute\u003c\/p\u003e","brand":"Tydlyntreffers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":46184356577466,"sku":null,"price":499.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0772\/3486\/4314\/files\/Untitled_design_95.png?v=1785392827"}],"url":"https:\/\/tydlyntreffers.co.za\/collections\/frontpage.oembed","provider":"Tydlyntreffers","version":"1.0","type":"link"}