Shipping policy

AFLEWERINGSBELEID

Ons stuur Tydlyn Treffers landwyd in Suid-Afrika.


1. AFLEWERINGSKOSTE

  Landwyd in Suid-Afrika.

Die presiese afleweringskoste word by die betaalpunt gewys voordat jy betaal.


2. AFLEWERINGSTYD

  · Ons pak en versend jou bestelling binne 1-2 werksdae nadat betaling ontvang is.
  · Aflewering neem daarna gewoonlik 3-5 werksdae in hoofsentrums en
    3-6 werksdae in afgeleë gebiede.
  · Bestellings word op werksdae (Maandag tot Vrydag) versend, uitgesluit
    openbare vakansiedae.


3. OPSPOORING

Sodra jou bestelling versend is, stuur ons vir jou 'n e-pos met 'n
opsporingsnommer sodat jy die pakkie kan volg.


4. AFLEWERINGSADRES

Maak asseblief seker jou afleweringsadres is korrek by die betaalpunt.
Ons kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir pakkies wat na 'n verkeerde
adres gestuur is nie. Kontak ons dadelik by info@tydlyntreffers.co.za
indien jy 'n fout gemaak het - ons sal help waar ons kan.


5. VERTRAGINGS

Van tyd tot tyd kan aflewering vertraag word deur faktore buite ons beheer
(koerierdiens, weer, openbare vakansiedae). Ons laat jou weet sodra ons
van 'n vertraging bewus word.

Indien jou bestelling nie binne 30 dae afgelewer is nie, kan jy die bestelling
kanselleer en 'n volle terugbetaling ontvang.


6. BESKADIGDE PAKKIES

Is jou pakkie beskadig by aflewering? Laat ons asseblief binne 7 dae weet
by info@tydlyntreffers.co.za, saam met 'n foto. Sien ons Teruggawe- en
Terugbetalingsbeleid vir meer.


7. INTERNASIONALE AFLEWERING

Ons stuur tans slegs binne Suid-Afrika, maar kontak ons gerus by info@tydlyntreffers.co.za en ons maak n plan.


8. KONTAK

  E-pos: info@tydlyntreffers.co.za
  Webwerf: www.tydlyntreffers.co.za

Laas opgedateer: [Julie 2026]