Die SUID-AFRIKAANSE musiek-tydlyn speletjie

TYDLYNTREFFERS

Skandeer 'n kaart, luister na die liedjie, en raai in watter jaar dit uitgekom het. Bou jou tydlyn van 100 Afrikaanse treffers — en kyk wie ken SA musiek die beste.

NOU beskikbaar

Drie Tydlyn Treffers-kaarte — David Kramer 1980, die QR-kant, en Karen Zoid 2001
Van 1936 tot vandag · 100 treffers op een tydlyn
193619531969 198219932003 201220202026

Hoe dit werk

Vier stappe. Een onvergeetlike aand.

1

Skandeer

Skandeer die QR-kode op die kaartjie — die liedjie speel dadelik op Spotify.

2

Luister

Dans, sing en geniet die liedjie saam terwyl die span die oorspronkelike jaar raai.

3

Raai

Plaas die kaartjie op die regte plek in jou span se tydlyn — voor, tussen of na die vorige kaartjies in jou tydlyn.

4

Wen

Draai om jou kaartjie en kyk of jy die jaar reg het. Onthou die jaar is die oorspronklike jaar. Eerste span met tien kaarte reg, wen!

Voor- en agterkant van 'n Tydlyn Treffers-kaart

Die kaarte

Elke kaart is 'n plaat.

100 kaarte, 100 liedjiesontwerp soos ou 45-spoed plate.

  • Kant A — die QR-kode. Skandeer en die liedjie speel op Spotify.
  • Kant B — die onthulling: die jaar, die kunstenaar en die liedjie se naam.
  • 66% Afrikaans plus die groot Suid-Afrikaanse klassieke wat ons almal ken.

Vir wie?

Vir die braai, die kuier, en die pad.

Van oupa se Boeremusiek tot die kinders se nuwe gunstelinge — Tydlyn Treffers laat elke geslag saamspeel. Geen kenner nodig nie; net 'n liefde vir 'n goeie liedjie.

Familie-aande Braais & kuiers Op die pad PERFEKTE GESKENK

BLY OP HOOGTE

Kry die nuutste van Tydlyn Treffers.

Teken in vir nuwe treffers, spesiale aanbiedinge en 'n bietjie musieknostalgie in jou inboks. Geen gemors nie.

Ons email net af en toe — en jy kan enige tyd uitteken.