Tydlyntreffers
Tydlyn Treffers — Die Afrikaanse Musiek-tydlynspel
Tydlyn Treffers — Die Afrikaanse Musiek-tydlynspel
Couldn't load pickup availability
Benodig 'n slimfoon met die Spotify-app en internet.
Spotify Premium sterk aanbeveel.
100 kaarte. Honderd treffers. Een onvergeetlike aand.
Tydlyn Treffers is die kaartspel oor ons land se musiek. Elke kaart het 'n liedjie — skandeer die QR-kode en dit speel dadelik op Spotify. Jou span luister, raai in watter jaar dit uitgekom het, en plaas die kaart op die regte plek in julle tydlyn. Reg geraai? Hou die kaart. Eerste met tien reg, wen.
Maar dis nie net oor wen nie. Dis oor die musiek — en die vraag wat elke liedjie vra: waar was jy in daardie jaar?
Wat sit in die boks (101 kaarte):
- 100 treffer-kaarte, dubbelkant en ontwerp soos ou 45-spoed plate
- 1 reëlkaart — alles wat jy nodig het om dadelik te begin speel
- Kant A — die QR-kode. Skandeer en die liedjie speel op Spotify
- Kant B — die onthulling: die jaar, die kunstenaar en die liedjie se naam
- 66% Afrikaans, plus die groot Suid-Afrikaanse 'hits' wat ons almal ken
- Van 1936 tot vandag — musiek vir elke generasie
Vir die braai, die kuier, en die pad. Van oupa se Boeremusiek tot die kinders se nuwe gunstelinge — Tydlyn Treffers laat elke geslag saamspeel. Geen kenner nodig nie; net 'n liefde vir 'n goeie liedjie.
2 of meer spelers · Speeltyd ± 30–45 minute
Share
